Maak ontbytkoekies met die pap wat in die pot oorgebly het ná die vleisbraai.


Jy benodig (genoeg vir 6)

• 250 g strepiespek
• 160 g cheddarkaas, gerasper
• 2 koppies koekmeel
• 4 teelepels bakpoeier
• ’n hand vol pietersielie, fyngekap
• ’n hand vol sprietuie, dun gesny
• 2 eiers  
• 450 g gaar stywe mieliepap
• 2 eetlepels kookolie
• ½ koppie suurroom
• sout en swartpeper na smaak


Só maak jy

1. Braai die spek vir 10 minute in ’n pan tot dit goudbruin en bros is en breek dit in growwe stukke. Roer dit saam met die cheddar, meel, bakpoeier, die helfte van die pietersielie, die helfte van die sprietuie en eiers deur die mieliepap.
2. Verhit die kookolie in ’n braaipan oor matige hitte, skep eetlepels van die mieliepapmengsel in die pan en braai elke koekie vir 5 minute aan elke kant tot hulle goudbruin is.
3. Meng die suurroom en die res van die pietersielie en sprietuie saam, geur dit met sout en swartpeper en sit die suurroom saam met die papkoekies voor.  


WegSleep sê: Pleks van die spek kan jy ook gekerfde biltong gebruik.