Vir hierdie resep kook jy eers die rib in ’n pot voordat jy dit vinnig op die vuur bros braai. Jy kan dit natuurlik vooraf kook en in die yskas hou of met marinade en al vries en saamneem na jou tannie se strandhuis toe vir die familie.

1. Plaas die heel rib bedek met water in ’n groot pot. Bring dit tot by kookpunt en laat prut dan oor matige hitte vir 45 minute.

2. Meng die asyn, speserye, knoffel,olyfolie en heuning en smeer die ribbetjies deeglik in. Bedek en laat rus in die yskas vir enigiets tussen twee uur en twee dae. Die rib moet eers weer kamertemperatuur wees voordat jy dit braai.

3. Haal die rib uit die marinade, en hou die marinade eenkant. Braai die rib oor matige warm kole vir 30 minute in die ketelbraai tot gaar en bros. Smeer die res van die marinade elke nou en dan oor die rib en draai dit gereeld. Sprinkel braaisout na smaak oor. Bedien saam met braaibroodjies en gebraaide mielies.