Vir | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 30 minute 

Hoenderlewertjies is goedkoop en maklik om voor te berei. Hierdie is ’n redelik gekonsentreerde sous in die Italiaanse styl – dit is nie ’n lang sous nie, maak dus seker dat jy jou tyd gebruik om met elke stap die bestanddele te karamelliseer en die sous te reduseer soos die resep sê.


Jy benodig

2 rooiuie, baie fyn gekap

4 selderystingels, baie fyn gekap 

2 eetlepels botter

300 g hoenderlewers

2 takkies roosmaryn

’n knippie neutmuskaat

1-½ brandrissie, gekap

1 koppie bier

4 eetlepels tamatiepasta

1 koppie tamatiepassata of crushed tomatoes

1 koppie hoenderaftreksel

’n hand vol parmesaan- of cheddarkaas, gerasper 


Só maak jy

1. Soteer die uie en seldery in die botter tot sag.

2. Kap die lewers in klein stukkies en voeg dit saam met die roosmaryn, neut en rissie by die uie. Roerbraai totdat die lewer donkerbruin en gekaramelliseer is.

3. Voeg ’n kwartkoppie bier op ’n slag by en laat prut dit redelik vinnig. Roer, en voeg nog bier by sodra die eerste lotjie weggekook het. 

4. Roer die laaste bietjie bier en die res van die bestanddele – behalwe die kaas – oor ’n lae hitte deur en laat dit prut tot die meeste vloeistof weggekook en die sous verdik het. Jy kan dit oor vroeër van die hitte verwyder as jy die gereg meer souserig verkies, of nog tamatiepassata byvoeg. Skep die lewers op pasta en sprinkel die kaas en nog roosmarynblaartjies bo-oor.