Vir 8-10 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 20 minute

Jy benodig

  • 1 ½ koppie oranje patat, gaar gekook
  • 40 g sardyne in tamatiesous, gedreineer
  • 1 koppie mieliepitte
  • 1 klein sprietui, diagonaal gesnipper
  • 1 eetlepel vars koljanderblare, fyngekap
  • 1 rooi brandrissie
  • sap en gerasperde skil van 1 lemmetjie
  • 1 koppie panko-krummels
  • sout en swartpeper na smaak
  • olie vir vlakbraai

Só maak jy

1. Druk die patat en die vis met ’n vurk fyn (ek verkies wel dat die patat en die vis nog stukkies het sodat die viskoekie tekstuur het).

2. Voeg die mielie, sprietui, koljander, brandrissie en lemmetjiesap en -skil by en meng dit goed. Roer dan die krummels deur en geur die mengsel na smaak met sout en swartpeper. Verdeel die mengsel in 8-10 bolletjies.

3. Verhit oor matige hitte net genoeg olie om die boom van ’n swaarboompan te bedek. Sit die die bolletjies versigtig in die warm olie en druk elkeen effens plat om ’n koekie te vorm.

4. Braai dit vir 4 minute aan ’n kant of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor.