Soete saligheid

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • ½ blikkie karamel
  • 100 g Peppermint Crisp- sjokolade
  • 1 pak malvalekkers
  • 1 pak Tennisbeskuitjies

Só maak jy

1. Smeer die karamel in ’n pannetjie. Breek die sjokolade in fyn stukkies en sprinkel dit oor die karamel. Pak ’n laag malvalekkers daaroor.

2. Bak die pan in ’n matige ketelbraai met die deksel op vir 10 minute of tot die sjokolade gesmelt en die malvalekkers sag is.

3. Sit die pan saam met die beskuitjies voor. Jy doop die beskuitjie in die soet mengsel.

Weg Ry & Sleep sê

As jy nie ’n ketelbraai het nie, kan jy die pan met foelie bedek en dit op die rooster bak tot die malvalekkers sag is.