Vir 4  |  Voorbereityd 20 minute  |  Gaarmaaktyd 30 minute

Jy benodig

Vir die pasta

• 4 koppies kort pasta soos skroefnoedels 
• sout
• 1 gesnyde rooi ui
• ’n paar repies spek
• 1 hand vol gekapte sampioene
• 2 hoenderborsies, in repies gesny
• 1 hand vol ontpitte swartolywe
• 100 ml room

Vir die pesto (opsioneel)

• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 1 hand vol vars basilieblare, fyngekap
• ½ suurlemoen
• ’n halwe hand vol gemengde neute
• 3 eetlepels fyngerasperde parmesaankaas 
• sout en peper 
• 1 teelepel suiker
• 100 ml olyfolie 

So maak jy

1. Indien jy nie gekoopte pesto gebruik nie, maak die pesto eerste. Sit die gekapte knoffel en basilieblare saam op ’n broodplank en kap dit nog fyner. Skraap dit in ’n vysel en druk die halwe suurlemoen se sap daaroor uit. Voeg die neute en kaas by. Geur dit met sout en peper en gooi die suiker by. Giet die olyfolie oor. Stamp en maal nou die mengsel tot ’n dik groen smeer. 

2. Kook die pasta in soutwater volgens die aanwysings op die pakkie. Gooi die water af en sit dit eenkant.

3. Braai die ui, spek en sampioene saam in ’n pan tot die uie sag is. Voeg die hoender by en braai totdat dit kleur kry. 

4. Voeg die room by en verhit totdat dit deurwarm is en ’n bietjie verdik. Roer die pesto by. Gooi die sous oor die pasta en sit dit warm voor.