Lewer 18 blokkies | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 35 minute 

Hierdie koek word soos bruintjies gebak totdat dit buite-om bros maar binne nog effens klam is.

Jy benodig 

• 250 g botter 
• 2 koppies ligbruinsuiker
• 3 ryp piesangs, fyngedruk
• 2 teelepels vanieljegeursel
• 3 eiers
• 2½ koppies koekmeel
• ’n knippie sout
• ½ koppie pekan- of haselneute
• ½ koppie sjokoladestukkies

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 175 °C. Voer ’n 22 x 33 cm-koekpan met bakpapier uit. 2 Smelt die botter in ’n pan totdat dit begin borrel en verbruin. Verwyder dadelik van die hitte – dit moet nie te donker raak nie. Klits die suiker en botter goed saam en meng dan die piesang, vanielje en eiers daarby in tot goed gemeng. Sif die meel en sout by en vou dit deur die mengsel tot goed gemeng. Roer die neute en sjokolade deur.

2. Skraap die beslag in die voorbereide koekpan uit en maak dit bo-op gelyk. Bak vir ongeveer 35 minute tot goudbruin en haal dan uit die oond. 

3. Laat dit eenkant staan om heeltemal af te koel. Keer die koek dan uit en sny in blokkies. Dit sal teen kamertemperatuur 4 dae in ’n lugdigte houer hou. Jy kan die koekblokkies ook vries.