Foto's: Myburgh du Plessis | Assistent: Merrill Buckley 

Vir 8 | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 20 minute 

Jy benodig 

• 3 koppies (390 g) meel, plus ekstra

• 1 teelepel sout

• ½ teelepel koeksoda

• 2 eetlepels strooisuiker

• 2 ryp piesangs, fyngedruk

• 1 eier, geklits

• 125 ml karringmelk

Só maak jy

1. Verhit die oond tot 220 ºC. Voer ’n oondpan uit met bakpapier.

2. Meng die meel, sout, koeksoda en strooisuiker goed saam. Roer die piesang, eier en melk daarby totdat dit ’n stywe deeg vorm. As die mengsel te slap is, sprinkel nog ’n paar eetlepels meel een-een by totdat dit bymekaarkom.

3. Vorm ’n ronde bol en druk dit effens plat totdat dit ongeveer 2½ cm hoog is. Tel die deeg oor op die bakplaat en sny dit in 8 wiggies.

4. Bak dit vir sowat 20 minute tot uitgerys en goudbruin. Sit dit dadelik voor – hierdie skons is op hulle beste vars.