Vir 12 | Voorbereityd 15 minute | Baktyd 20 minute

Jy benodig

  • 2 koppies blomkool of aartappel, gekap
  • 1 koppie cheddarkaas, gerasper
  • 8 eiers
  • ½ koppie maaskaas
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ¼ koppie soetrissie, gekap
  • 8 eetlepels pizzasous of tamatiesmoor
  • ½ teelepel sout

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n muffinpan met 12 holtes met botter of sit’n papierdoppie in elke holte.

2. Laat stoom die blomkool of aartappel vir 5 minute – dit moet gaar en ferm wees. Dit kan ook vir 2 minute in die mikrogolfoond gesit word. Verdeel dit saam met die helfte van die gerasperde kaas tussen die muffinholtes.

3. Meng die eiers, maaskaas, bakpoeier, soetrissie, pizzasous en sout saam en verdeel dit ook tussen die holtes en eindig met die res van die kaas.

4. Bak vir 20 minute tot net gestol en gepof en goudbruin – moet dit nie droog bak nie.

5. Laat dit eers in die pan afkoel vir 5 minute. Sit dadelik voor of laat dit heeltemal afkoel voordat jy dit in ’n lugdigte houer pak.