Fotograaf: Myburgh du Plessis | Kosassistent: Merrill Buckley

Maak 1 groot brood | Voorbereityd 30 minute plus rystyd | Gaarmaaktyd 50 minute

Jy benodig

  • 1 kg broodmeel
  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 2½ eetlepels growwe seesout
  • 2½ koppies louwarm water
  • ¼ koppie heuning
  • 2 eetlepels olyfolie 180 g swartolywe, ontpit en grofgekap

Só maak jy

1. Meng die meel, gis en sout en roer dan 3/4 van die water daarby. Roer nog water by om ’n klewerige deeg te vorm en knie goed vir 10 minute.

2. Knie die heuning, olyfolie en olywe by die deeg in. Sit plastiek oor en los die deeg eenkant vir 90 minute om in volume te verdubbel.

3. Berei die pot voor deur die deksel se binnekant en die pot self met botter te smeer. Sprinkel ’n dun lagie meel of mieliemeel in die pot en die binnekant van die deksel.

4. Knie die deeg af en plaas in die voorbereide pot. Laat dit weer rys.

5. Maak jou hande nat met water en smeer die bokant van die brood daarmee. Sit die deksel op. Plaas die pot oor stadige kole en skep ook ’n paar op die deksel. Bak oor kole vir 40-50 minute of tot gaar. Bedien die brood met verskillende kase, salami en kouevleis vir ’n ligte middagete.