1.  Trek die vleis in dun repies met tweevurke. Meng die vleis met die braaisous.

2. Voorverhit ’n pan en plaas ’n tortilla daarin. Versprei ’n skeppie vark gemeng met van die braaisous, ’n paar eetlepels mieliepitte, ’n klein hand vol kaas en rissiesous na smaak daaroor. Plaas nog ’n tortilla bo-op en druk dit plat met jou hand of ’n eierspaan. 

3. Draai die tortilla met ’n eierspaan om sodra die onderkant begin bruin raak en druk dit weer plat. Die tortilla is reg wanneer die onderkant bros raak en die kaas gesmelt is.