Dié eenskottelgereg vorm ’n ryk sous – heerlik met ’n snytjie brood. 

1. Sny twee kepe deur die vel van elke hoenderborsie en geur dit mildelik met sout en peper. Vou die spek om elke borsie en druk daarvan ín die kepe.

2. Verhit die botter en olie saam in ’n pan en braai die hoender tot goudbruin oraloor. Roer die appelskyfies en uitjies by en braai dit tot dit ook ’n kleurtjie kry.

3. Skink die sjerrie versigtig by en laat dit prut tot byna al die vloeistof verdamp het. Roer dan die sider by en laat prut vir nog 2 minute. Roer laastens die tiemie en room by en laat prut tot die sous verdik en die hoender gaar is. Sit dit voor saam met jou gunstelingstysel