Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute

Jy benodig 


500 g volstruismaalvleis (of bees)

2 teelepels tiemieblaartjies

½ teelepel gemaalde komyn

½ teelepel gemaalde koljander

sout en gemaalde swartpeper na smaak

2 eetlepels botter

4 heel knoffelhuisies

250 g portobellini-sampioene

50 ml sojasous

50 ml balsemieke asyn

250 ml room

Só maak jy

1. Meng die maalvleis met die speserye en kruie en geur na smaak met sout en peper. Vorm gholfbalgrootte bolletjies en laat staan in die yskas om te set.

2. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smelt die botter in ’n wye swaarboompan of -pot en braai eers die frikkadelle en dan die sampioene vinnig daarin bruin. Skink die sojasous en asyn by, krap die brandstukkies van die panbodem los – dit gee meer geurigheid aan jou sous! – en laat dit vir 5 minute prut. Voeg die room by en bak die frikkadelle vir 15-20 minute in die oond tot gaar. Sit dit voor met rys of kapokaartappel en brood om die souse mee op te vee.