'n Lekker broodjie in die pot!

1. Smeer ’n platboompot met ’n bietjie botter.

2. Druk die knoffel, sout, peper en pietersielie in die klaar deeg wat reeds 1 keer gerys het en sit dit in die pot.

3. Meng die fetakaas met die room en gooi dit oor die deeg.

4. Stapel ’n paar kole bo-op die deksel om die brood ’n mooi bruin korsie te gee.

5. Bak dit oor matige kole vir 30-40 minute of tot gaar.