Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute

Jy benodig

• 150 g gemengde sampioene, grofgekap

• 2 preie, grofgekap 

• ¼ koppie botter

• 5 vars tiemiestokkies of 1 teelepel droë tiemieblare

• 170 g aspersies, grofgekap

• 2 eetlepels misosmeer (of sout na smaak)

• 6 eiers

Só maak jy

1. Braai die sampioene en preie in die botter en tiemie tot sag. Voeg die aspersies by en roerbraai dit vir 2 minute.

2. Klits die misosmeer en eiers saam en skink dit oor die groente. Kook oor ’n lae hitte vir 10-20 minute met die deksel op totdat die frittata netnet in die middel gestol het. Bedien warm. Of sny die afgekoelde frittata in skywe vir ’n piekniek.