1. Meng die rooiwyn, brandewyn, vrugte en ment en laat dit in die yskas staan tot goed koud.

2. Vul glase met ys, giet halfvol met die rooiwynmengsel en maak die glas vol met gemmerlim. (Jy kan natuurlik al die bestanddele saam meng as jy ’n groot genoeg fles het.)

WENK: Gebruik die resep as ’n vertrekpunt. Jy kan die sangria se vrugtegeur aanpas deur ekstra gekapte appel of bevrore bessies by te voeg en die pons selfs met vrugtesap dokter.

Indien jy nie dol is op gemmer nie, kan jy ’n feestelike vonkel gee deur sodawater, limonade of selfs vonkelwyn by te voeg.