My vriendin Chantelle Botha maak altyd dié beskuit as ons gaan kamp. 

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Meng al die droë bestanddele saam en vryf die botter met jou vingerpunte daarby in totdat die mengsel soos growwe broodkrummels lyk (gebruik jou voedselverwerker as jy wil). Meng die room by en knie die mengsel tot ’n gladde deeg.

2. Druk die deeg in ’n beskuitpannetjie of reghoekige oondbak plat – jy kan die deeg met ’n koekroller uitrol om ’n eweredige laag tot in die hoeke te verseker. Sny die deeg in ongeveer 50 beskuite (blokkies of stafies, nes jy verkies). Bak dit dan vir 40 minute teen 180 ºC en vir nog 20 minute teen 160 ºC. Gebruik ’n toetspen om seker te maak die beskuit is deurgaar, en haal dit uit die oond.

3. Laat die beskuit vir ’n paar minute in die pan afkoel voordat jy dit op ’n draadrak uitkeer en in stukkies breek of sny. Pak die beskuite op bakplate – nie te styf teen mekaar nie – en sit hulle vir 6-8 uur of oornag in ’n oond van 100 ºC tot dit heeltemal droog is. 

WENK
As jy nie só ’n groot baksel wil maak nie, kan jy die bestanddele halveer. Chantelle sny gewoonlik van die beskuite middeldeur voordat sy dit bak, sodat die kinders hulle eie blik vol happiegroot beskuitblokkies kry en sodoende nie met die groter stukke mors nie.