Vir 4 | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 15 minute

Jy benodig 

• 500 g hoenderborsies, ontbeen
• ½ koppie rys- of gewone meel
• 1 eier, geklits
• 4 eetlepels sesamsaad
• 2 eetlepels klapperolie
• 2 koppies bevrore, gegeurde rys (of enige gaar rys)
• 1 koppie broccoli, fyngekap
• 1 eetlepel heuning
• 4 eetlepels sojasous
• 2 knoffelhuisies, fyngerasper
• ’n hand vol kasjoeneute, drooggebraai


Só maak jy

1. Sny die hoender in happiegrootte stukkies. Doop die hoenderstukkies ’n paar op ’n slag eers in die meel, dan in die eier en dan in die sesamsaad. 

2. Verhit die klapperolie in ’n pan en roerbraai die hoender vir 3-5 minute tot gaar. Skep dit uit en hou eenkant.

3. Roerbraai die rys en broccoli tot warm en gaar – sowat 5-8 minute. Rangskik die hoender bo-op die rys. Meng die heuning, sojasous en knoffel en skep dit oor die hoender. Sprinkel die neute oor en sit dit dadelik voor.