Jy benodig

• 1 koppie onversoete gladde grondboontjiebotter

• 3/4 koppie ligte bruinsuiker

• 1 groot eier, geklits

• 80 g donkersjokolade

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 175 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

2. Meng die grondboontjiebotter, suiker en eier saam. 

3. Kap die sjokolade in stukkies en roer dit by.

4. Vorm met jou hande bolletjies en pak die bolletjies op die bakplaat uit. Sprinkel die koekies bo-op met 'n knippie soutvlokkies - indien verkies.

5. Bak vir 12 minute. Die koekie sal goudbruin en sag wees, maar hard word wanneer dit afkoel. Stoor in 'n lugdigte houer sodra afgekoel.