En onthou om die oorskietvleis te hou vir Maandag se toebroodjies.
Foto: Donna Lewis
Jy benodig
• 3 eetlepels olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• 1 skaapboud
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 eetlepels vars roosmaryn, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 3 eetlepels water
Só maak jy
1 Stook die warmplek. Voorverhit die oond tot 200°C. Bereken die gaarmaaktyd van die skaapboud volgens die gewig:
Vir pienk vleis – 12 minute per 500g; vir mediumgaar vleis – 15 minute per 500g plus ’n ekstra 20 minute; en vir gaar vleis – 20 minute per 500g plus ’n ekstra 20 minute. (’n boud van 1½kg wat jy mediumgaar wil hê, sal dus uiteindelik vir 15 + 15 + 15 + 20 minute – dus 1 uur en 5 minute – in die oond wees.)
2 Meng en vryf. Meng die olyfolie en suurlemoensap en vryf dit oor die skaapboud. Jy kan ook ’n bietjie suurlemoenskil oor rasper.
3 Druk dit goed in. Maak diep snytjies oor die oppervlak van die boud en druk die repies knoffel en roosmaryn daarin. Sprinkel sout en swartpeper oor.
4 Oond toe. Sit die boud op die draadrakkie van ’n oondroosterpan. Sit dit vir 30 minute in die oond en verlaag dan die temperatuur na 180°C vir die res van die tyd wat jy uitgewerk het.
Skep elke 15 minute van die pansappe bo-oor die boud.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET