Jy benodig

  • 1 eetlepel olie
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 2 naeltjies
  • 1 wonderpeperkorrel (all spice)
  • 1 lourierblaar
  • ¼ teelepel grofgemaalde swartpeper
  • 1 aartappel, in klein blokkies gesny
  • 100 g gerookte vis, gevlok
  • 2 teelepels fyngekapte pietersielie
  • 1 rissie, fyngekap (opsioneel)

Só maak jy

1. Verhit die olie en soteer die ui saam met die naeltjies, wonderpeper, lourierblaar en peper daarin. Voeg die aartappel by en braai dit versigtig tot sag. Gooi ’n bietjie water by, indien nodig.

2. Voeg die vis, pietersielie en rissie by. Verhit dit tot die gereg deurwarm is, maar moenie té veel daaraan karring nie, anders verbrokkel die vis heeltemal.

Weg Ry & Sleep sê
Smoorvis is net so lekker as jy dit koud eet – jy kan die oorskiet selfs die volgende oggend met ’n bietjie mayonnaise op ’n broodjie eet.