Vir 4  |  Voorbereityd 10 minute  |  Braaityd 10 minute 

Jy benodig

• 10 ml kerriepoeier

• 50 ml soet rissiesous

• 50 ml mayonnaise

• 15 ml sojasous

• 4-6 varklendetjops

• sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1. Meng die kerriepoeier, soet rissiesous, mayonnaise en sojasous saam, verf dit oraloor elke varktjop en geur dit dan na smaak met sout en peper.

2. Braai dit vir sowat 3 minute aan elke kant of tot dit bros en sappig na jou smaak is. Sit die tjops voor met rys of slaai.