Vir 8 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 20 minute

Sit hierdie slaai warm of teen kamertemperatuur voor – dis gesonder as aartappelslaai, maar net so lekker.

Jy benodig

• 2 kg soetpatats
• ¼ koppie olyfolie
• 2 knoffelhuisies, gerasper
• 1 eetlepel Dijon-mosterd
• 2 eetlepels sojasous
• 2 eetlepels heuning
• 2 eetlepels rooiwynasyn
• sout en gemaalde swartpeper na smaak
• 1 koppie pekan- of okkerneute, fyngekap
• 1 groot hand vol basilieblare,fyngekap
• 1 bossie sprietuie, fyngekap

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny die soetpatats in stukke van 3 cm en pak dit op ’n bakplaat. Sprinkel olyfolie oor en bak dit vir sowat 20 minute in die oond tot goudbruin – draai die stukke halfpad deur om. As jy kamp, kan jy ook die stukkies patats in sarsies in ’n groot pan braai.

2. Meng intussen die knoffel, mosterd, sojasous, heuning en asyn goed saam.

3. Sprinkel sout, peper, die neute, basilie en sprietuie oor die geroosterde soetpatat en meng alles baie goed deur. 

4. Skep dit in ’n slaaibak en drup d