Gewoonlik word hoender vir  hierdie Chinese gereg met ’n dik  deeg om in olie gediepbraai,  maar my weergawe kry net ’n dun lagie mielieblom.  

Vir 4 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 20 minute 

Jy benodig

Vir die soetsuur sous 

• ½ koppie bruinsuiker

• ½ koppie appel- of witwynasyn

• ¼ koppie tamatiesous

• 2 eetlepels sojasous 

• 4 sprietuie, gekap 

• 2 knoffelhuisies, gekap Vir die hoender 

• 500 g hoenderfilette

• 2 eiers, geklits

• 2 teelepels sout 

• 1 koppie mielieblom 

• 4 eetlepels sonneblomolie

Vir die roerbraai

• 2 eetlepels sesamolie

• 1 soetrissie, in repe gesny

• 2 wortels, diagonaal in skyfies gesny

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 2 cm gemmer, gerasper

• 400 g gaar noedels

Só maak jy

1. Verhit die sousbestanddele saam totdat die suiker opgelos het, en laat dit dan vir 5 minute prut.

2. Sny die hoender in happie-grootte blokkies. Klits die eiers in ’n diep bord en doop die hoenderblokkies daarin. Meng die sout en mielieblom en rol die hoenderblokkies daarin. Verhit die olie in ’n groot pan tot baie warm en braai die hoender vir slegs ’n paar minute tot goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant.

3. Laat dan die pan weer rookwarm word, voeg die sesamsaadolie by en braai die soetrissie, wortel, knoffel en gemmer vir 3 minute. Voeg dan die sous by en laat die groente vir ’n paar minute daarin prut. Daarna kan jy die hoender en noedels byvoeg, deurroer en dadelik voorsit.