Bult daai spiere

Jy benodig

(genoeg vir 4-6)

  • 1 pak (600 g) vars groentesopmengsel
  • 1 l biefekstrak
  • 1 blik (410 g) bruinlensies, gedreineer en afgespoel
  • 2 koppies styfgepakte babaspinasieblare
  • 1 pakkie tweeminutenoedels
  • 8-12 gaar frikkadelletjies sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1. Gooi die sopmengsel, biefekstrak en lensies in ’n groot pot en verhit dit tot kookpunt. Prut dit vir 30 minute of tot die groente gaar is. Gooi nog ’n bietjie water by, indien nodig.

2. Roer die spinasie, droë noedels en frikkadelle deur die kokende sop tot alles deurwarm is. Proe en geur dit na smaak met sout en peper.

Weg Ry & Sleep sê
In die plek van die soppak kan jy ook 4 koppies gekapte groente soos uie, wortels, preie en groenboontjies gebruik.