1. Pak die vleisbene, ui, wortel, seldery, knoffel en lourierblare in ’n diep oondbak en verf dit oraloor met tamatiepasta. Rooster die mengsel vir 30 minute onder ’n warm roosterelement – roer dit elke nou en dan deur totdat die bene oraloor gekaramelliseer is. (Jy kan dié stap ook in ’n swartpot oor die kole doen).

2. Verhit die olie in ’n diep swartpot en seël die stukke boudvleis in sarsies tot dit oraloor mooi goudbruin en gekaramelliseer is. Skep al die vleis terug in die pot en voeg die speserye, tamatie en blatjang by, gevolg deur ’n tamatieblik vol water.

Skep die geroosterde bene en groentemengsel by, meng alles deur en laat dit vir ses uur stadig prut tot sag. (As jy nie ’n potjie oor die kole wil maak nie, kan jy die gereg vir dieselfde tyd teen 160 ºC in die oond bak.) Loer halfpad deur of die pot nie te droog raak nie en vul die vloeistof aan soos nodig – gebruik water óf enige aftreksel.

3. Ná 6 uur behoort die vleis rafelsag en die sous glansend te wees. Geur dit na smaak met sout en swart-peper en sit voor saam met rys en ietsie soets soos piekelkoejawels (resep hiernaas) of droëvrugte wat in rooibostee gestowe is. 

WENK
Jy kan die vleis die aand voordat jy die potjie maak in karringmelk laat lê, wat help om ’n oormatige wilde smaak te tem. Die oorskietvleis kan ontbeen en gevlok word. Sien die suurroomdeegresep