Vir 4 | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 20 minute

Jy benodig

  • 2 avokado’s, geskil en pit verwyder
  • ½ klein rooiui, fyngekap
  • 1 klein bossie koljanderblare, fyngekap
  • ½ rooi brandrissie, fyngekap
  • sap van 1-2 lemmetjies
  • sout en swartpeper na smaak
  • 1 blik (410 g) swart- of rooibone, gewas en gedreineer
  • ½ 400 g-bottel van Woolworths se Smoked Paprika and Chipotle Chilli-sous
  • 4 kruis- of lendeskywe (200 g elk) – dis nou rump of sirloin
  • 1 eetlepel olyfolie
  • 2 eetlepels van Woolworths se Smokey Barbeque-sous
  • 4 tortillas

Só maak jy

1. Druk die avokado in ’n bakkie fyn en meng die ui, koljander en rissie liggies daarby in. Druk lemmetjiesap na smaak daaroor uit en geur dit dan met sout en gemaalde swartpeper. Hou die guacamole in die yskas tot benodig.

2. Verhit die bone en die halwe bottle rissiesous in ’n pan. Druk die helfte van die bone rofweg fyn en sit dit eers eenkant.

3. Sorg dat die steaks kamertemperatuur is. Verf dit met olyfolie en braaisous en braai dit dan vir 2 minute aan ’n kant oor warm kole. Laat dit vir 5 minute op ’n houtbord rus voor jy dit sny.

4. Sny intussen die tortillas in 8 driehoekies elk en braai dit eenkant op die rooster of in ’n warm droë pan tot bros.

5. Sny die steak in skyfies en eet dit op die bros tortillas met ’n skeppie guacamole en bone.