Vir 6 | Voorbereityd 10 minute plus marineertyd | Kooktyd 20 minute

Jy benodig

  • 1 kg liessteak
  • 2 lemmetjies
  • 1 lemoen
  • 1/3 koppie olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 teelepel fyn komyn

Vir die Asado-sous

  • 1 koppie pietersielie
  • 1 koppie koljanderblare
  • 3 eetlepels origanumblare
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 1 groen of rooi brandrissie, gekap
  • ¼ koppie rooiwynasyn om voor te sit
  • 2 avokadopere, in skyfies gesny
  • 10 radyse, in skyfies gesny
  • rooiui, in dun ringe gesny
  • pitas of tortillawraps

Só maak jy

1. Sit die steak in ’n bak en druk die lemmetjie- en lemoensap daaroor uit. Voeg dan die olyfolie, knoffel en komyn daarby. Vryf dit in, bedek dit en los dit oornag in die yskas.

2. Maak die sous deur al die bestanddele in ’n voedselverwerker te pols. (Of kap alles fyn en meng dit).

3. Haal die vleis uit die marinade en gooi die marinade weg. Braai die vleis oor baie warm kole vir 4-5 minute aan ’n kant. Die idee is om dit goed bruin te skroei. Verwyder dit dan en laat dit ’n volle 10 minute onder foelie op ’n houtbord rus.

4. Sny die vleis teen die grein in repe – dis belangrik omdat dit help om die growwe vesels verder te breek.

5. Bedien die warm vleisrepies met die asado-sous, radyse, avokadopeer, uieringe en pitas of tortillawraps