Fotograaf: Michelle Parkin | Kosassistent: Tani Kirsten

Vir 6 | Voorbereityd 15 minute | Kooktyd 2 uur 

Jy benodig

  • 1 kg dun steaks (soos minute of skirt)
  • 4 eetlepels srirachasous
  • olyfolie • 6 broodrolletjies
  • botter te smeer
  • 2 hande vol slaaiblare, soos roketblare
  • growwesout en gemaalde swartpeper

Vir die konfyt

  • 2 uie, fyngekap
  • 1 eetlepel komyn
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 brandrissies
  • 1 teelepel vars gemmer, gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 koppie rooiwynasyn
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
  • 1 eetlepel tamatiepasta

Só maak jy

1. Maak eers die konfyt deur die ui en komyn in die olyfolie oor lae hitte te soteer totdat dit sag en deurskynend is – ongeveer 15 minute.

2. Haal die saadjies van die brandrissie uit, kap die rissie fyn, voeg dit saam met die gemmer en knoffel by die uie, en soteer dit vir ’n paar minute.

3. Roer die asyn en suiker by die mengsel in en roer dit vir ’n paar minute tot die suiker heeltemal opgelos het.

4. Voeg die tamatie en tamatiepasta by en prut dit oor baie lae hitte vir ongeveer 1½ uur totdat die konfyt effens verdik het. Roer die konfyt so nou en dan sodat dit nie vasbrand nie. Proe en geur dit na smaak met sout en swartpeper.

5. Sorg dat die steaks kamertemperatuur is en vryf dit dan oraloor met die srirachasous. Laat die vleis vir 20 minute marineer.

6. Verhit ’n swaarboompan of gietysterbraaiplaat oor die vuur tot goed warm en besprinkel dit met die olyfolie. Pak die steaks in die pan – moenie te veel steaks op een slag braai nie. Braai dit vir ongeveer 3 minute aan ’n kant oor ’n hoë hitte afhangende van die dikte van die vleis. Dun steak moet liefs baie vinnig oor ’n hoë hitte gebraai word sodat dit nog pienk aan die binnekant is.

7. Sit die steaks voor op gebotterde rolletjies met slaaiblare en ’n ruim skeppie van die warm tamatiekonfyt