Spekvet en gesond

Jy benodig

(genoeg vir 4)  

  • 4 porsies ferm stokvis
  • 4-8 repe strepiespek  
  • 2 eetlepels olyfolie  
  • 1 eetlepel sondroogtamatiepesto  
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties met kruie  
  • 12 groen olywe, gesny  
  • ½ klein rooiui, in dun skyfies gesny  
  • sout en varsgemaalde swartpeper  
  • vars brood om die sous op te mop

Só maak jy

1. Rol elke stuk vis in een of twee spekrepies toe en druk dit stewig vas met tandestokkies. Verhit ’n dikboompan met die olyfolie en braai die vis oor matige hitte tot die spek aan albei kante mooi goudbruin is.

2. Roer die pesto, tamatie, olywe en ui by en meng alles versigtig deur. Prut dit vir ’n paar minute tot die sous deurwarm en die vis net-net gaar is.

3. Geur die sous na smaak met sout en peper en sit dit voor met brood. ’n Stooisel vars basilie- of koljanderblare sal die smake natuurlik heerlik lig, maar dis nie noodsaaklik nie.

Ry & Sleep sê
Hoe beter die gehalte van die spek en vis wat jy gebruik, hoe beter die gereg.