Rafel uit

(genoeg vir 8 honger mense)

Jy benodig

  • 2 eetlepels olie
  • 8 groot hoenderborsies met vel en been
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 wortels, geskil en fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 350 ml aftreksel 1 middelslag-botterskorsie, geskil en in stukke gesny
  • 1 groot patat, geskil en in stukke gesny
  • 1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

VIR DIE SOUS

  • 2 eetlepels matige kerriepoeier
  • ¼ koppie rooiwynasyn
  • ’n knippie elk suiker en sout
  • 2 eetlepels blatjang
  • 80 ml appelkooskonfyt
  • vars koljanderblare (opsioneel)

Só maak jy

1. Verhit die olie en braai die hoenderstukke tot dit oraloor mooi goudbruin is. Roer die ui, wortel en knoffel by en braai dit vir nog ’n paar minute. Gooi nou die aftreksel by, sit die deksel op en prut dit baie rustig vir ’n paar uur.

2. Skep die hoender uit en laat dit effens afkoel. Voeg solank die botterskorsie, patat en kekerertjies by die pot en prut dit tot alles net-net sag is. Ontbeen en ontvel die hoender en pluis dit met ’n vurk.

3. Sit die hoender terug in die pot saam met al die sousbestanddele. Prut dit vir nog 15 minute, geur die pot met sout en peper, en sit dit voor met jou gunstelingstysel – rys, kappokaartappels of stampmielies. Dit is ook heerlike partytjiekos as jy daarvan op klein roti’s skep met ’n lepel vol tzatziki of Griekse jogurt daarby. Pak sommer bevrore roti’s in en rooster dit oor die kole.

Weg Ry & Sleep sê
Kies kortpad met ’n klaarbereide sous soos Ina Paarman se Tikka Chicken as jy nie so baie bestanddele wil saam karwei nie.