Dié gereg is vir seekosmense. Sit dit voor met rys of noedels, en ekstra suurlemoensap.


Vir 4 | Voorbereityd 10 minute plus marinering | Gaarmaaktyd 5 minute


Jy benodig 

• 20-24 garnale, ontdooi
• 1 ui, gerasper
• ½ koppie olyfolie
• ½ koppie vars suurlemoensap
• 1 teelepel suurlemoenskil, gerasper
• 3 knoffelhuisies, gerasper
• 2 rooi brandrissies, fyngekap
• 1 eetlepel gemmerwortel, gerasper
• 1 eetlepel borrie
• 250 g aspersies
• 2 stingeluie, gekap 


Só maak jy

1. Verwyder die derm en kop van die garnaal (of gebruik reeds skoongemaakte garnale). 

2. Meng die res van die bestanddele – behalwe die aspersies en die stingeluie – saam in ’n bak en voeg die garnale by. Laat die garnale vir 30 minute of selfs oornag marineer. Sny die aspersies in derdes en hou dit eenkant.

3. Verwyder die garnale uit die marinade. Verhit ’n wok tot baie warm en plaas die garnale en aspersies daarin. Braai die groente vir 1 minuut terwyl jy die wok rondskud sodat die garnale nie vasbrand nie. Skink nou die marinade bo-oor, draai die hitte laer en roerbraai vir 2 minute. Sit die garnale dadelik op noedels of rys voor met die stingeluie bo-oor gesprinkel.