Jy benodig

• 1 heel knoffelbol

• 6 eetlepels botter

• 2 eetlepels srirachasous

• 1 teelepel rissievlokkies

• 1 teelepel seesoutvlokkies

• 5 groot wortels

• olie vir diepbraai

• 2 T-beenskywe (800g)

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Rooster ’n heel knoffelbol in die oond tot sag – ongeveer 20 minute. (Jy kan dit ook oor die kole doen: Draai die knoffel in foelie toe en sit dit op die rooster.)

2. Druk 3 huisies knoffel uit en druk dit fyn saam met die botter, srirachasous, rissievlokkies en sout. Skep die botter op waspapier en rol dit styf op soos ’n kort wors. Sit dit in die yskas.

3. Gebruik ’n wortelskiller om die wortels in dun repe te sny. Verhit olie in ’n potjie en diepbraai die wortel tot bros – soos vir tjips.

4. Geur die T-beenskywe na smaak met sout en gemaalde swartpeper en braai dit oor matige kole.

5. Sny die botter in dik wiele en bedien dit op die steak saam met die wortels en die res van die geroosterde knoffel.