Vir 4 | Voorbereityd 15 minute | Kooktyd 10 minute

Jy benodig

6 ansjovisfilette

1 eetlepel Dijonmosterd

1 eetlepel suurlemoensap

½ koppie suurroom of crème fraîche

4 T-beensteaks

gemaalde growwesout en swartpeper na smaak

2 klein gem-slaaikoppe, gewas

Só maak jy

1. Kap die ansjovisfilette so fyn as moontlik en meng dit met ’n vurk goed met die mosterd, suurlemoensap en crème fraîche. Hou dit in die yskas totdat jy dit nodig het.

2. Sorg dat die steaks kamertemperatuur is voordat jy dit braai. Geur dit met sout en peper en braai dit dan ongeveer 4 minute aan ’n kant of volgens jou smaak tot gaar. Haal die vleis van die rooster af en laat dit rus.

3. Sny die steak in skyfies en bedien dit op die slaaiblare met die sous.