Maak: 2 terte | Voorbereityd: 20 minute | Gaarmaaktyd: 30 minute

Jy benodig 

VIR DIE KORS 

• ¼ koppie (62,5g) botter

• ¼ koppie suiker 

• 1 eier 

• 1 teelepel vanieljegeursel 

• ½ teelepel asyn 

• ’n knippie sout 

• 1 teelepel bakpoeier 

• 1 koppie (150g) koekmeel

VIR DIE VULSEL 

• 1,6 liter melk 

• 2 koppies suiker 

• 2 eiers 

• 170g mielieblom 

• 3 teelepels vanieljegeursel 

• 160g botter 

• fyn kaneel

Só maak jy 

1.  Maak die kors: Verroom die botter en suiker en klits daarna die eier by. Klits die vanielje en asyn ook by. 

2.  Meng die droë bestanddele saam en meng dit daarna met die eiermengsel tot net-net gemeng. 

3.  Smeer twee tertpanne met botter en voer dit uit met die deeg. Bak die tertkorse vir 15 minute blind teen 180 °C. 

4.  Maak die vulsel: Verhit 1 liter melk en die suiker in ’n groot kastrol oor ’n lae temperatuur totdat die suiker opgelos is. Verhit dit dan tot kookpunt. 

5.  Meng die res van die melk met die eiers en mielieblom tot ’n gladde beslag. Klits die mielieblommengsel by die melk in en roer dit totdat die mengsel verdik. 

6.  Roer die vanielje en botter deur die warm mengsel en verdeel die mengsel dan eweredig tussen die twee tertkorse. Sprinkel die kaneel oor en laat die terte vir 3 uur in die yskas stol. (Ons het frambose pleks van kaneel gebruik.)