Vir 4 | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 15 minute

Jy benodig 

• 500 g hoenderborsie, ontbeen
• 1 eetlepel klapperolie
• 3-4 eetlepels Thaise rooikerriepasta
• 1 eetlepel gemmer, fyngerasper
• 3 knoffelhuisies, fyngerasper
• 4 stingeluie, in klein stukkies gekap
• 1 soetrissie, in klein stukkies gekap
• 2 murgpampoentjies, in klein stukkies gekap
• 150 g Franse groenbone, in klein stukkies gekap
• 2-4 eetlepels hoisinsous
• 1 kop blaarslaai, blare losgebreek
• sout en swartpeper na smaak


Só maak jy

1. Kap die hoender baie fyn asof jy maalvleis daarvan gaan maak. 

2. Verhit die klapperolie in ’n pan en roerbraai die hoender vir ongeveer 3 minute daarin.

3. Voeg die kerriepasta, gemmer, knoffel, stingeluie, soetrissie, murgpampoen en bone daarby en roerbraai alles saam vir nog sowat 3 minute totdat die groente gaar maar ferm is.

4. Roer die hoisinsous deur die roerbraai en verwyder die pan van die hitte. Geur die roerbraai na smaak met sout en swartpeper. Skep lepels vol daarvan in die blare van die blaarslaai.