Jy benodig: 

  • 2 Bar One-sjokoladestafies
  • 1 koppie malvalekkers
  • 2 groot tortillas

Só maak jy:

1. Kap op. Sny die sjokoladestafies in kleiner stukke en sny die malvalekkers in die helfte deur. 

2. Pak op. Pak die sjokolade en malvalekkers op ’n tortilla en maak dié lekkerte toe met nog ’n tortilla.  

3.Kole toe. Knyp die tortillas toe in die rooster en braai totdat die sjokolade en malvalekkers net-net gesmelt is en die tortillas ligbruin aan die buitekant is.  

4. Lê weg. Sny in “pizzaskywe” en eet dadelik.