’n Goeie gekoopte sous propvol geurige bestanddele maak dit maklik om slaaie aanmekaar te slaan as jy met vakansie is. Vars pesto kan suksesvol gevries word. Vul ’n sagte Franse baguette met hierdie tunaslaai.   

1. Plons die eiers in kookwater en kook vir 6-8 minute. Skep uit en dompel in yswater. Dop die eiers af.

2. Dompel die edamamebone of ertjies vir ’n paar minute in kookwater totdat dit heldergroen en gaar is. Dreineer en spoel af onder koue water om die kookproses te stop.

3. Plaas die edamamebone, tuna, rooiui, olywe en botterbone in ’n bak en roer die chimichurrisous en olyfolie daardeur. Rangskik die eiers en sprietuie daarop en hou in die yskas tot benodig.