Fotograaf: Jan Ras | Kosassistent: Tani Kirsten

Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 3 uur

Jy benodig

2 eetlepels olyfolie

1 kg varklendestuk

1 eetlepel growwesout

gemaalde swartpeper na smaak

4 uie, in dun skyfies gesny

2 knoffelhuisies, fyngekap

¼ koppie tequila

1 blik (410 g) klappermelk

sap en gerasperde skil van 1 lemoen

vars koljander om voor te sit

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 160 ºC. Verhit die olyfolie in ’n platboompot, geur die vleis met sout en peper na smaak en verbruin dit saam met die ui. Gooi enige oortollige olie af.

2. Voeg die knoffel, tequila, klappermelk en die lemoensap en -skil by die pot.

3. Sit die pot met ’n styfpassende deksel in die oond en bak dit vir drie uur totdat die vleis sag is en van die been af loskom.

4. Vlok die vleis in repies, roer dit goed deur die sous en sit dit met vars koljander voor