Vir 6  |  Voorbereityd 15 minute plus rustyd  |  Gaarmaaktyd 15 minute

’n Sappige burger wat jy sommer vanaand nog kan maak.


Jy benodig:


Vir die frikkadelle

• 500 g varkmaalvleis
• 1 pakkie (250 g) spek, gekap 
• 1 koppie broodkrummels
• 1 eier, liggies geklits 
• 1 klein ui, gerasper
• 1 eetlepel Dijon-mosterd 
• sout en swartpeper 


Vir die slaai

• ½ komkommer
• 1 babarooikool, fyngekap
• 2 appels, klokhuis verwyder en fyngekap
• 1 klein ysbergslaaikop, fyngekap
• ½ suurlemoen se sap


Vir die burgers

• 6 broodrolletjies, oopgesny
• ½ koppie soetrissiesous


So maak jy

1. Meng al die bestanddele saam in ’n bak en geur die mengsel met sout en peper. Verdeel dit in 6 en rol dit in bolletjies. Druk dit effens plat met die hand en laat dit in die yskas rus vir 20-25 minute. Braai die patties oor baie warm kole om die sappe te seël terwyl jy dit gereeld omdraai. 

2. Meng al die slaaibestanddele saam in ’n bak. 

3. Sit ’n pattie, ’n skeppie slaai en ’n smeersel soetrissiesous in elke broodrolletjie.