Daar is wel niks soos ’n rumoerige restaurant en stadige diens om jou reis te bederf nie. Wees ’n bietjie avontuurlustig met ’n goeie ou “bonnet-feesmaal” iewers langs die pad – met ’n mooi uitsig natuurlik!

1. Skaapribbetjies 

Onthou om servette in te pak vir hierdie brandewyn-en-heuning skaapribbetjies, hoewel dit so lekker is dat jy jou vingers sal wíl aflek! 

Kyk:

2. Filo-driehoekies 

Dis maklik om te maak en maklik om te eet – die ideale padkoshappie!

Resep: www.cookingwithlamb.com/budget-cooking-with-lamb

3. Jaffels/Braaibroodjies met ’n skaapvleisvulsel

Vakansie, skaapvleis, brood en braai… is daar dan ’n beter kombinasie?

En nou’t jy ’n verskoning om die vakansie vroeg te begin: Steek sommer die aand voordat julle ry die vuur aan om hierdie lekker padkosbroodjies te maak! 

Kyk:

4. “Bao”-broodrolletjies met skaapvleis-rafels 

As jy nog nooit ‘n “bao bun” geëet het nie, weet jy nie wat jy misloop nie!

Hierdie gestoomde rolletjies is ideaal om vir die langpad in te pak, want dit droog nie maklik uit nie. 

Resep: www.cookingwithlamb.com/budget-cooking-with-lamb

5. Chinese rolletjie met skaapvleis

Dis toe al die tyd nie so moeilik om hierdie gunsteling-vingerhappies (“spring rolls”) te maak nie! Kyk hierdie vinnige video: