’n Vissie teen die vetjies

Jy benodig

  • 1 porsie kitsnoedels 
  • 1 klein ui, in ringe gesny
  • ’n vars vis van jou keuse (soos stokvis)
  • ’n hand vol vars groente, in repies gesny
  • peper na smaak
  • 1 eetlepel sojasous
  • suurlemoensap na smaak

So maak jy

1. Week die noedels in warm water tot dit sag is.

2. Vorm met foelie ’n dubbellaagpakkie wat groot genoeg is vir die noedels, vis en groente. Pak die uie daarop, dan die vis en daarna die groente rondom.

3. Geur jou vispakkie met peper en sprinkel die sojasous en suurlemoensap oor. Sit die noedels bo-oor en vou die pakkie toe.

4. Braai die pakkie vir 15 minute oor hoë hitte op die rooster.

Weg Ry & Sleep sê
Enige wit vis werk baie goed vir dié resep. En jy hoef nie die pakkie om te draai nie – die vis stoom van onder af gaar.