Hier’s idees vir elke deel van die spyskaart, of jy nou ’n tradisionele gereg wil maak, iets op die kole gooi, of iets soek wat vinnig en maklik is om voor te berei. 

Voorgereg, bykos en slaai

Hierdie geurige slaai is heerlik as ’n voorgereg vir ’n spesiale geleentheid.

Jy kan dié vullende bykos al ’n dag voor die tyd gaarmaak. Gebruik enige klein pampoen of skorsies wat jy kan uithol.

Jy kan ons later bedank vir hierdie bykos wat jy in die middel van nêrens kan maak.  

Versier doodgewone hummus met brosgebraaide kekerertjies en granaatpitte vir hierdie mooi voorgereg.

Hier is vir jou groente waaraan selfs klein Fransie-vol-fiemies met ’n glimlag sal weglê.

Hierdie gereg is só lekker jy gaan dit sommer met die lepel uit die bak wil eet.

Jy kan enige ander dag braaibroodjies maak. Ek bak hierdie in die oond, maar jy kan die vulsel ook in blaardeeg toevou en as ’n braai-pie oor die kole bak.

Griekse slaai se nuwe draai en dis ook nie die einde van die wêreld as jy nie die groen kruie het nie – die slaai werk nét so goed daarsonder.

Hoofgereg

Sit die varklies met taco’s voor. Taco’s is klein tortillas voorgesit met repies warm vleis, ’n verskeidenheid vars en gekookte salsas en ’n skeppie suurroom.

’n Skaapboud is nie net vir die pot en die oond nie. Jy kan hom ook smullekker op die kampvuur maak.

Mense is dikwels skrikkerig om eend voor te sit, maar dis nie so moeilik om gaar te maak nie.

’n Heel filet oor die kole is ’n Kersfeesbederf. Hierdie marinade dien twee doele – die ensieme in die koffie maak die vleis ekstrasag en dit sorg ook vir hope geur.

Dié resep is veelsydig. Jy kan die hoender met vark vervang, en jy kan dit ook in die oond bak op ’n koue aand.

Maak ’n tradisionele hoenderpastei met varknek pleks van hoender.

Hier is die metodes vir oor die kole én in die oond.

Nagereg

Jy kan die pannekoeke reeds vooraf bak (of selfs ’n stapel bevrore pannekoeke hiervoor inspan) en dan vinnig die koek aanmekaarslaan.

Maak dit in een groot bak of in afsonderlike glase.

Hierdie moderne cassata is ’n swierige poeding wat jy maklik kan aanpas deur verskillende neute, versuikerde vrugte en beskuitjies te gebruik.

'n Koekstruif is nie net vir Kersfees en vir Nuwejaar nie –jy kan dit een-twee-drie in die kampplek maak.

Hierdie poeding is ’n kombinasie van Aletta se ma se lekker appeltert en ’n tipiese malvapoeding en kan maklik oor die kole gebak word – kyk wie kan nee sê hiervoor.