Vir 6  Voorbereityd 10 minute Gaarmaaktyd 40 minute


Jy benodig

• 250 g ricottakaas

• 350 g gladde maaskaas

• 150 g heuning

• 3 eiers

• 1 eetlepel mielieblom

• ½ teelepel sout

• 1 suurlemoen se gerasperde skil

• kaneel om oor te sprinkel

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-tertbord met botter. 

2. Meng al die bestanddele behalwe die kaneel goed saam en skep uit in die tertbord. Maak die bokant mooi gelyk. 

3. Bak vir 40 minute. Sprinkel ligweg met kaneel en bedien. 

WENK:
Die oorspronklike resep gebruik slegs ricotta, maar hierdie is my meer ekonomiese weergawe. Dis op sy lekkerste net uit die oond, maar kan beslis ook koud voorgesit word.