Soet soos stroop

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 1 koppie ligte bruinsuiker
  • 4 koppies water
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 eetlepel koeksoda
  • ’n knippie sout
  • ½ koppie botter, in blokkies gesny
  • 1 koppie perskekonfyt
  • 1 eetlepel vanieljegeursel
  • 2 vars nektariens of perskes, in skyfies gesny

Só maak jy

1. Roer die suiker en water saam in ’n klein potjie (nr. 3) wat oor matige kole staan. Wanneer die suiker heeltemal opgelos is, laat die stroop kook.

2. Meng die meel, koeksoda en sout saam in ’n mengbak. Vryf nou die botter met jou vingers deur die meelmengsel totdat dit soos growwe broodkrummels lyk.

3. Roer die konfyt deur die meelmengsel sodat dit ’n beslag vorm.

4. Sorg dat die potjie met stroop op ’n braaidriehoek rus met ’n paar kole daaronder – dit moenie te warm wees nie, want dan gaan jou poeding brand.

5. Skep die beslag op die warm stroop – moenie dit roer nie – en sit die pot se deksel op sodat dit lekker styf pas.

6. Prut die poeding stadig vir 1 uur oor louwarm kole. Haal dit van die kole af en sit die poeding warm voor met die perskeskyfies daarby.

Weg Ry & Sleep sê
Wanneer jy die beslag op die warm stroop skep, gaan jy dink dit lyk snaaks – maar hou moed; dit moet so lyk (moenie roer nie!)