Jy benodig

VIR DIE APPELKOOSSOUS

• 1 blik (410 g) appelkose in stroop
• 1 eetlepel olie
• 1 klein ui, fyngekap
• 2 teelepels fyn gemmer 
• 2 eetlepels brandewyn
• ¼ koppie water

VIR DIE HAMBURGERS

• 500 g wildsmaalvleis
• 1 koppie broodkrummels
• 1 eier, liggies geklits
• 1 klein ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekneus
• olie vir panbraai
• 2 teelepels fyn komyn
• 2 teelepels fyn koljander
• 1 teelepel fyn gemmer
• ½ teelepel fyn naeltjies
• sout en gemaalde swartpeper
• 2 hande vol roketblare
• 1 rooi-ui, dungesny
• 6 broodrolletjies, oopgesny

Só maak jy

1. Maak die sous: Dreineer die appelkose, maar hou 2 eetlepels van die stroop.

2. Verhit nou die olie in ’n klein pot en braai die ui en knoffel tot dit sag en deurskynend is. Sprinkel die gemmer by en braai alles vir nog 1 minuut.

3. Skink die brandewyn by en kook alles saam vir 2-3 minute sodat die alkohol verdamp.

4. Gooi die appelkose, stroop en water by en kook dit vir 10-12 minute, tot die appelkose pap gekook is. Hou die sous eenkant.

5. Maak die patties: Meng die vleis, broodkrummels, eier, ui, knoffel, komyn, koljander, gemmer en naeltjies saam en geur die mengsel met sout en peper na smaak.

6. Verdeel die vleis nou in 6 gelyke dele en rol elke bondeltjie in ’n bol. Druk dit effens plat en laat rus dit in die yskas of op ’n koel plek vir 20-25 minute (dit help die patties hulle vorm behou terwyl jy hulle gaarmaak).

7. Braai die patties oor baie warm kole (om die sappe binne-in te seël) en draai hulle gereeld.

8. Bou die burger: Pak ’n paar roketblare en rooi-uieringe op ’n broodjie. Sit ’n pattie bo-op, skep ’n lepel van die appelkoossous oor en sit die brood se hoedjie terug.

Weg Ry & Sleep sê: Gemmer en naeltjie is heerlik saam met wildsvleis.