Vir: 6 | Voorbereityd: 30 minute plus rustyd | Gaarmaaktyd: 10 minute

Vir die frikadelle

  • 500g wildsmaalvleis
  • 1 koppie broodkrummels
  • 1 eier, liggies geklits
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus kookolie, vir panbraai
  • 2 teelepels fyn komyn
  • 2 teelepels fyn koljandersaad
  • 1 teelepel fyn gemmer
  • ½ teelepel fyn naeltjies
  • sout en swartpeper

Vir die appelkoossous

  • 1 blik (410g) appelkose in stroop
  • 1 eetlepel olie 1 klein ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 teelepels fyn gemmer
  • 2 eetlepels brandewyn
  • ¼ koppie water

Vir die burgers

  • 2 hande vol roketblare
  • 1 rooiui, in dun ringe gesny
  • 6 broodrolletjies, oopgesny

So maak jy:

Maak die frikkadelle: Meng al die bestanddele saam in ’n bak. Verdeel die vleis in 6 frikkadelle en druk dit effens plat met die hand. Laat dit vir 20 minute in die yskas rus – dit hou die patties ferm terwyl jy dit braai.

Maak die sous: Dreineer die appelkose, maar hou 2 eetlepels stroop eenkant. Verhit die olie in ’n potjie en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Gooi die gemmer by en braai vir nog ’n minuut. Roer die brandewyn, appelkose, stroop en water by en kook vir 10-12 minute of totdat die appelkose pap is.

Braai die patties oor warm kole of in warm olie in ’n pan. Draai dit om sodra dit goudbruin en ferm aan die een kant is.

Maak die burgers: Pak ’n paar roketblare en rooiuieringe op elke broodrolletjie. Sit ’n pattie bo-op, skep ’n lepel appelkoossous oor en sit die boonste helfte van die rolletjie bo-op.