Maak: 2 terte | Voorbereityd: 25 minute | Gaarmaaktyd: 20 minute

Jy benodig 

VIR DIE KORS 

• ¼ koppie (62,5g) botter 

• ¼ koppie suiker

• 1 eier 

• ’n knippie sout 

• ½ teelepel vlapoeier 

• 1 teelepel bakpoeier 

• 1 koppie (150g) koekmeel

VIR DIE VULSEL 

• 1 liter melk 

• 1 teelepel botter (of margarien)

• 3 eiers

• ¼ teelepel sout 

• 1 koppie suiker

• 2½ eetlepels mielieblom 

• 1½ eetlepels meel 

• 1 eetlepel vlapoeier 

• 1 teelepel vanieljegeursel 

• fyn kaneel 

VIR DIE KLAPPERLAAG 

• ½ koppie bruinsuiker of heuning 

• 1 koppie klapper 

• ¼ koppie (60g) botter

Só maak jy 

1. Maak die kors: Verroom die botter en suiker en klits dan die eier by. Meng al die droë bestanddele saam, en vryf dit met jou vingers by die bottermengsel in. 

2. Verdeel die deeg in twee en rol elke helfte tussen twee lae kleefplastiek uit. Smeer twee tertpanne met botter en drapeer die deeg daaroor. Druk enige gaatjies netjies toe en prik die bodem met ’n vurk. Bak die tertkorse blind vir ongeveer 15 minute teen 180 °C. 

3. Maak die vulsel: Kook die melk en botter in ’n groot kastrol. Meng die eiers, sout en suiker goed saam in ’n bak. Meng die mielieblom, meel en vlapoeier saam en roer dit dan deur die eiermengsel. Voeg sowat ’n koppie van die kokende melk daarby en meng dit goed deur tot glad. Voeg die mengsel dan by die melk in die kastrol en klits dit goed. Verhit dit tot kookpunt en hou aan roer totdat dit verdik. Roer nou die vanieljegeursel daardeur. 

4. Maak die klapperlaag: Roer al die bestanddele oor lae hitte in ’n kastrolletjie tot gesmelt. Verdeel dit dan tussen die twee tertkorse, gevolg deur die vulsel. Sprinkel fyn kaneel oor en laat die terte vir 3 uur in die yskas stol.