Lewer 1 broodjie | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 50 minute 

Jy benodig

  • 500 ml bruinbroodmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 100 g kaas, gerasper (beleë gouda of cheddar)
  • 7,5 ml komynsaad
  • 2,5 ml sout
  • 2 groot wortels, geskil en gerasper
  • 1 klein ui, fyngesny
  • 3 ekstra-groot eiers
  • 150 ml olyfolie

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC.

2. Voer ’n standaard 20 cm-broodpannetjie met bakpapier uit.

3. Meng die meel, bakpoeier, twee derdes van die kaas, die komynsaad en sout goed saam in ’n groot mengbak.

4. Meng die res van die bestanddele goed saam in ’n aparte bak. Meng dan die nat en droë bestanddele, en skraap dit in die voorbereide pan uit en strooi die res van die kaas oor.

5. Bak dit vir sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die brood vir 10 minute in die pannetjie afkoel voordat jy dit op ’n draadrakkie uitkeer en verder laat afkoel