Vir 1 broodjie | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 50 minute

Dié brood herinner aan wortelkoek, net nie so soet nie. Gooi gerus ’n hand vol neute by die beslag vir ekstra luuksheid en sit dit voor met versoete roomkaas of botter.

Jy benodig

• 1 eier, geklits
• 190 ml (driekwart koppie) suiker
• 1/3 koppie olyfolie
• ¼ koppie Griekse jogurt
• 2 teelepels vanieljegeursel
• 2 teelepels fyn kaneel
• ½ teelepel fyn neutmuskaat
• 1 koppie meel
• ½ teelepel bakpoeier
• ½ teelepel koeksoda
• ’n knippie sout
• 190 ml (driekwart koppie) wortel, gerasper
• 190 ml (driekwart koppie) pynappel (geblik in natuurlike sap en gedreineer of vars), fyngekap

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 175 ºC en berei ’n broodpan van 20 x 10 cm (of ’n standaardgrootte muffinpan vir 1 dosyn) voor.

2. Meng die eier, suiker, olie, roomkaas en vanieljegeursel goed saam. Voeg die speserye, meel, bakpoeier, koeksoda en sout by en meng dit goed deur. Vou die wortel en pynappel daarby in.

3. Skraap die mengsel – dis baie dik! – in die voorbereide pan uit. Bak die broodjie vir sowat 50 minute (of 35 minute as jy muffins bak). Bedek die brood ná 40 minute met ’n vel foelie sodat die bokant nie te bruin bak nie. Die brood is deurgebak sodra ’n toetspen skoon uitkom.

4. Laat die brood vir 15 minute in die pan afkoel voordat jy dit op ’n draadrakkie uitdop. Laat die brood heeltemal afgekoel  en vir ten minste 2 uur rus voordat jy dit sny. Bêre dit toegedraai in kleefplastiek in die yskas.